|
|
Die oorspronklike doelwit van die De Oude Wiele was om fondse in te samel om die Kerk se bussie te vervang.
Gedurende Julie 2009 het die Here 'n persoon op Annie Viljoen se pad laat kom wat 'n geweldige impak op De Oude Wiele se projek en die Gemeente gemaak het. Die persoon, Hein von Landsberg, eienaar van die Tannery Industriële Park in Silverton, het ingestem om die nuwe bussie te borg deur dit gedeeltelik te finansier.
Hein het voorgestel dat die Gemeente R100 000.00 tot die aankoop
koste van 'n nuwe bussie betaal en dat hy die balans bo R100 000.00 sal finansieer (borg). Hy het versoek dat, aangesien hy as borg optree, hy op die voertuig wil adverteer. Daar is onmiddellik tot hierdie versoek ingestem.
In daardie stadium het die De Oude Wiele somme gemaak en tot die slotsom gekom dat ongeveer R30 000.00 gekort word. Die bussie is amptelik op 18 Oktober 2009, tydens die Fees naweek, deur Hein aan die Gemeente oorhandig.
|
|
Dit dien gemeld te word dat eienaarskap van die bussie aan die Gemeente oorgedra word, nadat die bussie ten volle afbetaal is, teen geen addisionele kostes vir die Gemeente nie. Hein is verantwoordelik vir die aanbring en koste van die advertensie asook die finansiering koste. Die Gemeente is dus verantwoordelik vir die betaling van die versekering, instandhouding (gereelde diens), brandstof, lisensiëring, vervanging van onderdele (insluitend bande) van die bussie.
|
|
|
|